Lees hier van my lewe en apologetiese standpunte

Bybelstudie oor gebed (2): God se reaksie op gebed

In Apologetiek on 27 February 2009 at 9:52 nm

So rukkie terug het ek ‘n skrywe geplaas ‘n Oorsig van Gebed in die Bybel.  Daarmee het ek ’n reeks begin waarvan gebed die tema sal wees.  Hierdie week kyk ek na wat God se reaksie is op gebed.  Wat is die resultaat van gebed?  Wanneer ons werk dan sien ons resultate.  Maar wanneer ons bid, dan sien ons nie altyd die resultate nie.  Dit lei tot baie twyfel oor die effektiwiteit van gebed.  Ek sal dus poog om uit die Bybel te wys wat die resultaat of te wel God se reaksie is op gebed.  Ek moedig elkeen wat die inskrywing lees om die teksverse na te slaan.

Gebede wat tereg gewys word, afgekeur word deur God:

  • Moses, by die Rooi See – Exo_14:13-16
    • God verskaf die verlossing aan die Israeliete.  Hulle vertrou Hom egter nie, daarom bid Moses weer.  God sê hy moet ophou en die volk opdrag gee om op God te vertrou.
  • Moses, toe hy gebid het om Kanaän te sien – Deu_3:23-27
    • Moses bid hier uit sy eie begeerte en probeer God oortuig deur Lofprysing aan Hom te gee.  God laat Hom egter nie omkoop deur mooi praatjies nie.
  • Joshua – Jos_7:8-12
    • Joshua bid hier vir verlossing vir die volk.  Omdat hulle egter gesondig het en lynreg teen God se opdrag opgetree het luister God nie na die gebed nie.  As ons sondig gaan gebed nie dinge reg maak nie, al wat werk is om ons te bekeer van die sonde en dan kan ons vergifinis vra.

God weerhou die antwoord of sê nee:

  • Bileam – Deu_23:5; (Verwys ook na Jos_24:10)
    • Balak wil die volk vervloek deur Bileam, maar God luister nie en verander dit in seën.
  • Job – Job_30:18-23; (Verwys ook na Job_42:12.  God verander eers Job se situasie toe hy vir sy vriende bid.)
    • Wanneer ons God verwyt vir situasies in ons lewe, dan luister Hy nie na ons gebede nie.
  • Israeliete word aangeval deur die Amoriete – Deu_1:42-45
    • God luister nie na hulle gekla nie, want Hy het ‘n opdrag gegee wat hulle geïgnoreer het.  Nou kla hulle oor hulle omstandighede,
  • Jesus in Getsemane – Mat_26:39-42
    • Jesus gee hier vir ons ‘n belangrike voorbeeld.  Ons kan met opregtheid na God kom met ons behoeftes.  As dit egter nie in Sy wil is om dit vir ons te gee nie, dan sal Hy nie.  God se groter almagsplan is altyd bo ons behoeftes.

Klik hier om verder te lees

‘n Ryk man het nooit genoeg geld

In Huidige gebeurtenisse on 24 February 2009 at 12:23 vm

In die nuus die afgelope maand of so is twee van die grootste beleggingsbedrog sake in die geskiedenis van die wêreld-markte. Eers het die $50 miljard piramiede skema van Bernard Madoff aan die lig gekom en toe Allan Stanford met $8 miljard. Beide hierdie sake het my net weereens laat besef dat iemand wat geld najaag nooit genoeg nie het nie.

As rekenmeester en getroue volger van die finansële market is ek altyd verbaas wanneer hierdie tipe bedrog onontdek bly. Om geld te verloor in beleggings soos Enron, Worldcom en LeisureNet (in Suid Afrika) kan ek nog verstaan. Hierdie 3 is voorbeelde van waar die senior bestuur van die maatskappy transaksies vervals het, geld gesteel het, fiktiewe transaksie aangeteken het, ens. Vir die algemene belegger (en selfs ervare beleggers) is dit amper onmoontlik om dit op te tel vanaf die inligting wat beskikbaar gemaak word aan die publiek.

Madoff en Stanford is egter die klassieke geval waar dinge net te goed is om waar te wees.  Albei het opbrengste gelewer wat bo dit is wat enige ander beleggingshuis gelewer het.  My pa het destyds vir my baie goeie raad gegee, hy het gesê:  Berns, onthou dat niemand so goed na jou geld kyk as jy self nie.  Ware woorde wat my altyd by bly.  Baie mense het Madoff en Stanford vertrou omdat hulle ultra ryk is en dus sekerlik iets weet van geld bestuur.  Maar heellaas, mammon maak seker dat hierdie ouens meer omgee oor hoe jou geld hulle geld kan word.

Hier is ‘n paar algemene advies punte oor beleggings:

  • As dit te goed klink om waar te wees, dan is dit.
  • As die beleggingsbestuurder altyd die mark wen, vertel jy groooot visstories.
  • As die belegging so geheimsinnig soos ‘n black hole is, dan sal dit jou geld in suig en nooit terug gee.
  • As jy nie verstaan waarin jy belê nie, dan sal jy ook nie verstaan waarheen jou geld is nie.
  • Sit al jou eiers in een mandjie en jy kry meer keer ‘n groot gemors eerder as ‘n groot ommellet.

Enige van hierdie punte of ‘n kombinasie sal verliese meestal verhoed en altyd beperk.  Stel jy belang om meer te weet van hoe Madoff en Stanford dinge gedoen het en hoe die advies hierbo sou gehelp het?  Wil jy graag sien hoe die Securities and Exchange Commission (“SEC”) (hulle reguleer beleggings en publieke maatskappy in die VSA) uitgetrap word omdat hulle nie hul werk gedoen het nie.

Wel klik dan hier

Skepper vs. Skepping

In Apologetiek on 19 February 2009 at 10:43 nm

Na aanleiding van ‘n inskrywing op Flippiefanus se blog en die daarop volgende opmerkings wat deur verskeie lesers geplaas is, het ek besluit om hierdie skrywe te plaas.

In vandag se wêreld is dit baie algemeen vir mense om die Skepper te meet aan die skepping.  Hiermee bedoel ek mense kyk na die natuur en probeer God daarvolgens verklaar.  So ook, en in ‘n meer sigbare wyse, meet mense Christus n.a.v. christene/die kerk.  Hiermee het ek nogal ‘n redelike groot probleem.  In beide hierdie gevalle is dit nie een van hoender of die eier nie.  Nee, God drie-enig wat m.a.w. Christus insluit was eerste.  Ons Skepper het die mense “gemaak”.  Sy bestaan en karakter kan nie gemeet word aan ons nie, net so kan die bestaan en karakter van ‘n kunstenaar nie gemeet word aan ‘n kunswerk nie.

Menige goeie kunstenaars se werke mag inspireer maar hulle lewe spreek van swak karakter.  Is dit egter die kruks van die saak.  Soos Paulus sou sê (in die Afrikaanse ou vertaling):  Nee stellig nie.  In die griekse sê hy meer letterlik:  Nee, nee, nee!  Die kern van die saak is dit:  Die mens het gesondig nadat hy versoek is deur die Satan in die tuin van Eden.  Hierdie daad het pyn, elende, siekte, armoede, en uiteindelik ook die dood in die wêreld in gebring.  Wanneer ons dus vandag na die wêreld kyk sien ons ‘n mengsel van dit wat God geskape het en self ook goed genoem het, asook alles wat slegs is.  Omdat Satan mag verky het oor die wêreld deur ons sonde is die kunswerk van God nou effens opgeneuk.  God moet nie die skuld hiervoor kry nie, maar eerder die mens en ook die Satan.

Lees verder…