Blink of Stink

Ek onthou nog die tyd toe ek geswat het om ‘n pastoor te word.  Dis ‘n tyd in my lewe wat van die lekkerste en slegste herinneringe gelaat het.  Geestelike manupulasie was meer alomteenwoordig by die teologieskool as wat die gesindheid van God.

Daar is egter een geleentheid wat amper elke keer weer ‘n breë glimlag op my gesig veroorsaak.  Ek was deel van hierdie groep jong student wat “aan die brand was vir die Here”.  Meeste van ons het ‘n passie gehad vir die mense met wat ons gelei het (soms gely het) na beter kennis van God.  Elke week moes ons bymekaar kom om vergadering te hou.  Dan het ons die afgelope week bespreek sowel as die take en aktiwiteite vir die afsienbare toekoms.  Dis een van die geleenthede wat my so lekker laat glimlag.

Die wat my ken sal weet dat ek nie een is vir ‘n dagboeke nie.  Die lewe is net te kort om so gereguleerd te leef.  Daar sit ek geforseerd met my dagboek in ‘n sirkel op die vuil, ou matte van die kerk in Bloemfontein.  Ons volg mos Koning Arther se beginsel van “the first among equals”.  Een van Cornelius se blink idees.  Maar wag, ek haar loop myself ‘n bietjie vooruit.  Cornelius, die pastoor en leier van die groep het so ‘n rugby haarstyl.  Julle ken dit mos, een van daai met 15 aan ‘n kant, een in die middel en ‘n lekker skare op die paveljoen.  Sy blink idees wat net so gereeld en onwelkom soos die blink glinstering van die ligte op sy kaalkop.  Almal kon sien dat vandag was nou weer een van daai “blink idee” dae.

Cornelius het dit in sy kop gekry dat die manier om mense te ontwikkel is om hulle take te gee waarvan hulle nie hou nie.  Never mind dat dit lynreg is teen die goeie raad wat erkende leiers soos John Maxwell gee, hy wil ons toerus vir die oes van mense.  Ek skuiwel onrustig rond soos meeste van my pêlle wat saam met my daar op die mat sit.  O, en moenie vergeet dat dit is “gebasseer op ‘n Skrif beginsel”.  Ek weet tot vandag toe nie watter srkif eksegeties verkrag is om hierdie beginsel uit te trek nie, maar “that’s besides the point” soos die ingelsman sou sê.  Soos menige goeie unie werker is ons nie lekker tevrede met wat “mênitjement” nou hier vir ons voorlê nie.  Dis hier wat Cornelius sy blink idee met ‘n blink ding probeer verdedig.  “Onthou net julle, ‘n diamant word net onder druk gevorm”.

Onnossel soos ek is blêr ek toe uit:  “Ja, maar ‘n poep word ook net onder druk gevorm”.  Die onderlangse gegiggel kon ongelukkig nie Cornelius se woede blus nie.  Dit was dan ook die dag wat ek geklim het op die glibberrige glybaan na my uiteindelike uitwerping uit die groep.  Maar, sy gesigsuitdrukking (“no pun intended”) en die bewys dat hy kleur kon verander soos ‘n verkleurmannetjie op ‘n Smartie boks (rooi, wit en toe blou van suurstof tekort) was ‘n MasterCard oomlik, priceless.

Die “morrel of the storie” is dus, wanneer jy weer onder druk verkeer moet jy maar self besluit of jy gaan blink of stink.

Advertisements
This entry was posted in My stories and tagged , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Blink of Stink

  1. murphmuurprop says:

    Moes ek nou net trane afvee soos ek gelag het! ‘n Uistekende skrywe wat by sonder uitstek god se waarheid is!

    Ek was op daardie stium nog nie deel van die “super” groep nie – maar wens ek kon saam met jou op daai vuil mat sit en sy gesig waardeer… Soos jy sê, moes PRICELESS gewees het.

    Liefde!
    Murph

  2. Siobhone says:

    Almal van ons het al in die lewe seergekry. Die onis is op ons om dit uit te sorteer, te vergewe en vry te spreek. Die Woord is duidelik dat ons moet streef daarna om die eenheid van die gees te bewaar, so ek dink nie dat dit reg of goed is om iemand op so ‘n manier op ‘n openbare “plek” uit te haal nie. Dan doen ons mos nie wat Christus van ons verwag nie.

    Ja, almal maak foute en almal kry seer op een of ander manier of tyd. EK vra dat jy genade sal gee en vergewe en liewer self met die persoon kontak maak en dit uitsorteer as om hulle op so ‘n manier oop te vlek. Ek dink nie jy sou daarvan hou as iemand dit met jou doen waar duisende dit kan lees nie.

    Thanx.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s