In ‘n land van sneeu en ys

Ek is ‘n onlangse immigrant (ja 3 jaar is maar min in vergelykking met sommige in die land).  Ek is seker tannie Karike sing van Edmonton as sy sing:

“In ‘n land van sneeu, in ‘n land van ys, in ‘n ronde kommetjie spierwit huis…”

Ja, hier leef ons definitief in sneeu en ys vir groot dele van die jaar.  Maar laat ek nou vir die oningeligdes sê, dat Alberta is ‘n wonderlike plek in die somer.  In teenstelling met Suid Afrika is dit nie te warm nie, net heerlike 25-30C temperature meeste van die tyd.  Die UV indeks is dan heelwat laer as in SA met die gevolg dat ek darem nie meer wissel tussen kreef rooi en lelie wit nie.  Dan sak die son ook ‘n ongelooflike 10:30 in die aand vir die grootste deel van die somer.  Met sulke lang dae kan ‘n mens soweel lekker dinge nog doen na werk, self 18 gate is nie onmoontlik nie.

Maar heellaas, die ongelukkigheid is dat dit net so is vir 2-3 maande van die jaar.  Die res van die tyd is dit maar net die trappe van vergelykking vir koud:  koud (5 tot -5), kouer (-5 tot -15), koudste (-15 tot -25) of blerrie koud (-25 en onder).  Glo vir my, onder minus 25 vries die grease in jou brein en winterklere maak jou nie warm nie, dit keer net dat jy nie oombliklik doodgaan nie.  Gelukkig gebeur dit darem net vir so 2 weke elke jaar!

Hier is twee foto’s van hoe dit hier lyk in Maart elke jaar.

Sneeu in die park oorkant my huis

Sneeu in die park oorkant my huis

Sneeu familie op die grasperk voor my huis

Sneeu familie op die grasperk voor my huis

 

Kersdag op 'n plot net buite die stad

Kersdag op 'n plot net buite die stad

 Groetnis vir eers.

Advertisements
This entry was posted in My stories and tagged , , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s