Lees oppie loo

Ag jong, partymaal neem my brein my onwillekeurig op so ‘n trippie op amnetia lane.

Ek’t juis vandag een van daardie oomblikke beleef.  Johrne van Huyssteen (ja dieselle een wat vi’ ddisselblom sing) was een van die menige kleurvolle karakters wat saam met my geswat het in Bloem in die middel 90’s.  Hy het diep spore in my lewe getrap in daardie 2 jaar.  Van my herinnering is hoe hy gehuil het en die mooi song wat hy geskryf het vir Prinses Diana wat verongeluk het, die Whippet (miniatuur windhondjie) wat hy klas toe gebring het, sy uitbundige lag en die grap Oerietjie wat jy een keer so snaaks vertel het en daarna altyd geweier het om dit weer te doen.

Maar my gedagtes het nie vandag daarna toe gegaan nie.  Een dag kom hy by die bybelskool en sê vir ons dat enigeen van ons wat lees op die toilet moet onmiddelik daarmee ophou.  Tipies soos dié bybelskool was (oor geestelik as julle weet wat ek bedoel) het ek verwag hy gaan nou weer vir ons een of ander stront (pun intended) storie gee hoekom ons moet ophou.  Met die vrees vir die hel in sy oë kom hy toe met hierdie pêrel te voorskyn:  “As jy te lank op die toilet sit sak jou allie uit.”  Ek’t al baie dinge gehoor, maar die een het my bek laat oophang.  Sy dokter het vir hom gesê na ‘n noodgedwonge besoek.  Hy het dit nie geweet dit gebeur nie en het homself ingelees in ‘n redelike pynlike aambei in.

Nou ja, ek het groot geword met die Huisgenoot en soms met die Psalm en Gesange boek op die toilet.  Ek het dus sy waarskuwing as ‘n ouvrou storie afgemaak en nooit verder enige aandag daaraan geskenk nie.  Dis natuurlik tot ek so paar jaar gelede ook so ‘n lekker pynlike aambei gekry het.  Op ‘n stadium het ek gedink iets begin in my liggaam verander want daar was niks fout met my prostaat, maar ek het ‘n maandelikse bloedinkie gekry het.  Gelukkig het bietjie meer water drink en minder lees op die loo toe darem gewerk.  Nou’s ek al vir jare aambei vry en sien Jorrie se gesig wanneer ek te lank sit.

So, dankie Johrne vir jou bydra tot my lees en skyt gewoontes.

PS.  Sorrie vir die wat hierdie storie te stink vind.

Advertisements
This entry was posted in My stories and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Lees oppie loo

  1. Heinrich says:

    Aggnee, en ek dag dit help juis om ordentlik klaar te kry op die troon of op “witbank”. Ek gaan nie ophou lees op die loo nie.

  2. murphmuurprop says:

    Beste Vriend!

    Onnodig om te sê dat ek uit die aard van die saak weereens my hol vir jou verhaal geskeer het. Is verseker nie altyd nodig om ‘n “joke” te vertel nie. Die komies-geid van die elke dag bestaan is soveel meer interessant!

    Ek het ook die gewoonte op ‘n paar “levels” klaar te maak op my PSP as ek die kakhuis bestyg! Is seker ‘n pbaie beter tyd om my TD Jakes boek klaar te lees, en begin al so effens skuldig voel as ek die PSP vat en nie die boek nie! Ek kan self sit dat ek nie my bene voel nie, en wankelrig as gevolg van gevoelloosheid van die pot af opstaan!!! Dammit.

    Is dit nie heerlik om ook op hierdie manier in kontak te bly nie?

    Jy al jou finale keuses gemaak tov jou gedigte? Laat weet bietjie!

    Liefde daar,
    Murph

  3. Berns says:

    Hi Heinrich,

    Lekker om te sien dat jy hier kom inloer het. Ek dink die ontspanning help vir die vrylating van die “dooie skaap”, maar dis die lees na die loslating wat probleme veroorsaak. Dis my uitdaging want ek wil altyd net nog ‘n bladsy klaar lees of my skaakspel op my BlackBerry klaar maak.

    Groetnis vir eers,
    Berns

  4. Berns says:

    Ai Murphie,

    Darem die vreugde van vrinne wat mens goed verstaan. Jou kommentaar op my skrywes laat my amper net so lekker lag, so ‘n ligstraal in die monotoon gebeurtenis van die alledagse lewe.

    Ek bieg dat ek ook lees tot my bene vrek is sodat vrou en kinder aan die deur klop en sê hulle wonder of ek vas sit. Ek wil nie afklim nie, want op daai wit troon is ek mos darem ook ‘n koning aangesien die Queen, George W, supermodelle, ja almal te wêreld daar gelyk is. Niemand poep laventel nie, maak nie saak wie jy is nie.

    Cheers,
    Berns

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s