Politici: stout kinders op die speelgrond

Hier is my lys van “hit and mis” gebeurtenisse in die politiek die afgelope week.

Hit

John McCain se benoeming van Sarah Palin as sy keuse vir die vice presidentskap van die VSA.  Dit het amper in sy gesig ontplof toe dit uitkom dat haar 17-jarige dogter swanger is.  Haar onwankelbare ondersteuning vir haar dogter en haar sterk posisie teen korrupsie het egter gou dinge positief gedraai vir die rublikeinse veldtog.  Dit het natuurlik ook baie gehelp dat sy ‘n aantreklike vrou is wat elegant kan praat.  Dit lei my tot die volgende punt.

Barrack Obama het duidelik gesê dat die swangerskap van Sarah Palin se dogter is buite perke vir enige tipiese VSA verkiesingsveldtog.  Dis ‘n buitengewone stap deur Barrack Obama en moontlik ‘n teken van die positiewe impak wat hy op VSA politiek sou kom hê indien hy verkies word.

In Kanada het eerste minister Steven Harper omverskoning gevra vir ‘n smaaklose aanvalsadvertensie op die konserwatiewe party se webbald teen die liberale party se leier Stephane Dion.  Die plaas van die advertensie was blykbaar deur ‘n oorgretige webbladontwerper.  Waar of nie, ek dink hy tref darem deur dat hy bereid was om verskoning te vra daarvoor en dit af te haal van die webblad.

Miss

Steven Harper en die Jack Layton, die NDP (New Democratic Party) se leier, het geweier om die leier van die groen party toe te laat in ‘n debat wat nasionaal uitgesaai sal word.  Hulle het eintlik dit meer subtiel gedoen.  Hulle het aan die TV netwerke gesê dat as hulle die leier van die groen party insluit by die debat, dan gaan hulle nie opdaag vir die debat nie.  Nou ja, in ‘n land waar die media darem dinge uitvind het hulle baie gou verslag gedoen dat dit die geval was.  Dit was ‘n ongelooflike groot vlater deur hierdie 2 leiers want die publiek het in groot getalle hulle ontevredenheid met hierdie verwikkeling uitgespreek.  Die uiteinde van die saak was dat na druk deur die publiek het hulle die besluit omgekeer.

Grootste vlater van die week:  Die belaglike uitsprake deur politiese leiers in Suid Afrika.  Kyk maar na die inskrywing “Hoedervet en Skouhonde” op Murph se blog.

Advertisements
This entry was posted in Current events and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.

8 Responses to Politici: stout kinders op die speelgrond

  1. flippiefanus says:

    Drie hoeras vir die groenes. 😉 😆

    Ek hoor dat Sarah Palin redelik anti-wetenskap is. 😕 Weet nie hoe waar dit is nie.

  2. Berns says:

    Hi Flippiefanus,

    Niks wat ek tot dusver gelees of gehoor het dui op ‘n teenkanting teen wetenskap nie. Sy is wel brutaal teen korrupsie, glo in die reg tot besit van gewere en glo nie in aborsie in enige omstandighede nie. Dit kan ‘n mens sien deur haar 17-jarige dogter se swangerskap (selfs al kan dit ‘n politiese loopbaan vernietig) en dat sy op 43 ‘n down sindroom baba gehad het. sy’t vooraf geweet die baba is down’s, maar het steeds die baba gehad. Dit gee my nogal ongelooflike respek vir haar manier van “pratice what you preach”. Ongelukkig hou ek nie van McCain nie want hy het geen benul hoekom die res van die wêreld dink die VSA is ‘n skoolgrond boelie nie.

    Anyway, ek moet seker niks slegs van ‘n VSA politikus se op September 11 nie. Net nou gooi hulle my in Gitmo (lol).

  3. murphmuurprop says:

    Vriend!!!

    Hoeveel “swart” ondersteuners het jy al by ‘n John McCain campaign gesien? Antw: f@#$%l. Net daarom het die man zero van my steun. ‘n Man wat in elk geval sy das so kein knoop en onder sy belt-buckle laat hang, steek in elk geval iets vir die samelewing weg!

    Verder – die feit dat die ZUMA-saak uitgegooi is beklemtoon maar net weereeen die skietgate in ‘n reeds verbrokkelde SA regstelsel. Skandelik verby…

    Sien uit vir lekker gesels.

    ns. Jou gedigte al gekies? Laat weet bietjie.

    Liefde daar,
    Murph

  4. Berns says:

    Ek het wel al swart ondersteuners by sy rallies gesien, maar ek erken hulle is maar yl gesaai.

    Die man maak my bekommerd met sy duidelike onkunde oor die res van die wêreld. Sy “Amerika is die oppasser van die wêreld” attitude is die produk van die vietnam oorlog propaganda waaronder hy groot geword het en die feit dat hy ‘n POW was.

    Volgens attuariële tabelle het hy ook net ‘n 1/3 kans om sy eerste termyn as president te oorleef weens sy ouderdom. Hoewel Barach Obama wel baie ondersteuners oor verskeie groepe het is die man se liberale denke egter ‘n groot bekommernis. Vir iemand wat sê hy is ‘n Christen is sy denke as leier darem myle verwyder van enige vorm van Christelike leierskap.

    Oor my gedigte: Ek’t nog nie finaal besluit nie. Sou graag wou gesels oor van hulle om my “mind” op te maak oor die laaste kloppie.

    Groetnis vir eers,
    Berns

  5. flippiefanus says:

    Nie dat ek dink dat dit op die ou ent ‘n groot verskil sal maak watter een president in die VSA gaan word nie, maar as McCain president gaan word lyk dit my gaan die Amerikaners net aanhou in Irak.

    Hoekom se^ jy is Obama se denke so ver van Christen leierskap?

  6. murphmuurprop says:

    100%, Ons SKYPE as jy tydjie het! Laat weet maar net!

    Later dan,
    Murph

  7. Berns says:

    Hi Flippie,

    Man dit lyk vir my of albei gaan aanhou met die oorlog, maar hulle sê dat hulle dit stelselmatig gaan terug skuif na Afghanistan. Maak nie rerig saak watter een president word nie, ek dink werklik dat albei beter sal wees vir die wêreld en Amerika as wat Bush was. Bush is ‘n boelie met ongelooflik baie rykdom uit olie en vriende in die olie bedryf. Die eienaar van een van die olie maatskappy wat ek oudit is baaaie goeie pêlle met Bush. Hierdie hele oorlog het gegaan oor olie.

    My opmerking oor Obama is omdat ek dink iemand wat pro-aborsie en pro-gay huwelike is nie Christelike leierskapsstandaarde volg nie. Hy is wat ek sou noem ‘n kulturele Christen wat net genoeg van Jesus neem om te sê hy’s ‘n Christen, maar nie soveel dat die wêreld hom behandel soos wat hulle vir Jesus behandel het nie. Nie dat ek dink hy’s ‘n slegte persoon nie, ek dink maar net nie dat mens hom kan sien as ‘n Christen leier nie.

  8. Lourens says:

    Ek stem saam met wat jy oor Obama se. Ek kry genoeg daarmee te doen by die Universiteit. Die feit dat Oprah hom ook ondersteun se al reeds baie van waar sy geloof staan. All roads lead to Rome (or heaven in hierdie geval).

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s