Los gedagtes

Hier’s sommer net so ‘n paar los gedagtes van dinge wat vandag gebeur het of waaraan ek gedink het.

Maatskappye, vir die wat nie rekeningkundig (of wetsgeleerd) is nie, is regspersone.  Dit beteken dat ‘n maatskappy volgens die wet bestaan as ‘n persoon.  Dit is die wet se weergawe van ‘n “immortal” persoon.  Die doel is sodat ‘n maatskappy oneindig kan voortbestaan verby die leeftyd van die stigters.  Wel, dit tref my toe vandag dat maatskappye soos Lehman Brothers wat nou al vir meer as 150jaar bestaan het toe nie heeltemal “immortal” is nie.  As jy ‘n oordosis finansiële drugs neem, in die geval slegte lenings, dan sterf jy maar soos enige ander persoon.  Die finansiële onrus op die oomblik laat my sommer dink aan so ‘n lekker 60’s dwelm orgie wat die flieks altyd uitbeeld.  Almal by die “party” het hul gesonde verstand by die huis gelos en saam gebruik tot die eerste paar begin “OD” het.  Nou stuier die een na die ander daar weg en kan nie glo dat hulle so onnosel was nie.

Op ‘n ligter noot:  Vannaand maak ek en Bella ‘n inkopie lys.  Sy sê is soos:  “Ek weet nie hoe die winkel se vleis is nie, so koop maar eerder ‘n bietjie hoender”.  Net toe sê my 4-jarige dogtertjie:  “Kielie my saggies op my maag mamma, dan sal jy sien hoe lyk hoendervleis.”  En sy gooi so ‘n engel gesiggie met ‘n piesang-“smile”.  Kinder sê darem net die oulikste goed.

Cheers vir eers,
B

Advertisements
This entry was posted in Current events and tagged , , , . Bookmark the permalink.

One Response to Los gedagtes

  1. murphmuurprop says:

    Dis oulik!… Maar is hoender nie groente nie??

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s