Porselyn rodeo

Ek onthou so paar dae gelede die volgende:

Op een van my menige besigheidsreise vlieg ek in ‘n tipiese 30 sitplek vliegtuig.  Dis ‘n kort vlug van 45 minute tussen Edmonton en Calgary.  Op hierdie tipe vlug neem dit omtrent 15 minute om tot op “cruising altitude” te kom en ook sowat 15 minute vir die landingsproses.  Die gevolg is dat daar sleg 15 minute oor is waar die veiligheidsgordellig afgeskakel is deur die vlieëner.  Meeste mense ag dit dus onnodig, of beter gestel, nutteloos om op te staan.

Ek’s nog besig om deur die swak lugredery tydskrif te blaai toe iets die hoek van my oog vang.  Ek kyk op en sien ‘n baie “versadigde tannie” wat in die gangetjie af waggel.  Sy gaan na daardie ongemaklike klein vliegtuig toiletjietjie.  My stuite gedagte is toe:  Hoe op dees aarde gaan sy daar inpas, kon sy nie maar net geknyp het tot ons land nie.  Net daarna gebeur daar toe iets wat my hardop laat lag sodat die passesiers rondom my wonder wat so snaaks is in daai k@k tydskrif.

Die vlieëner het die veiligheidsgordellig weer aangesit net nadat sy die deur toegemaak het en ons slaan “turbulance”.  Daar sien ek toe in my verbeelding hoe daai antie die wit troon ry soos ‘n wilde bronco bull by ‘n amerikaanse rodeo.  Elke keer as sy land dan laat sy ‘n blertsie in die loo.

Advertisements
This entry was posted in My stories. Bookmark the permalink.

2 Responses to Porselyn rodeo

  1. murphmuurprop says:

    Moer snaaks!

    OK – ek het ook al ‘n paar kg’s in my lewe opgetel, maar dit maak my hoogs die moer in! Moes nou die dag toe ons in die Kaap gaan kuier het R325 “overweight” op ‘n vlug inbetaal het, maar al die dik mense met hulle hand laggauge word glad nie beboet nie.

    Ek dink die tyd het aangebreek dat mense saam met hul tasse om daai skaal moet spring.

    Het jou inskrywings geniet!

    Liefde daar…
    Murph

    ns. Ek sal moeite doen om oor die Saudi naweek ‘n paar foto’s van ons tydjie in SA op Facebook te plaas. Hou maar oor so week of wat dop. later dan!

  2. murphmuurprop says:

    Vriend! Hoekom so stil? Hol jy maar ook rond?

    Laat weet bietjie hoe stap jou Beeste…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s