Vinnige inloer

Hallo aan almal wat wel hier inloer. Ek het nie van die blogosphere af verdwyn nie. 6 weke in SA met gebrekkige internet konneksies en 3 jaar se opvang met vriende en familie het dit onmoontlik gemaak om die tyd te vind om te blog. Nou’s ek terug in die vrieskas van Kanada en baie weke se werk het op my lê en wag. So gou as ek ‘n kansie kry sal ek ‘n goeie “update” skryf van die trippie en ander gebeure.

Ek wil darem net vinnig noem dat die krieket toets reeks teen die Auzzies net absolute amazing was. Eers wen ons die eerste 2 toetse wat onwaarskynlik gelyk het. En gister aan kyk ek toe hoe Dale Steyn Ntini vir amper ‘n hele sessie kolf om die laaste toets te red. Net toe dit lyk of dit alles oor is kom Graeme Smith uit met ‘n beseerde regter elmboog en ‘n gebreekde linker hand om saam met Ntini verder te kolf. Hy en Ntini het dit waaragtig reggekry om te kolf tot daar net 10 balle oor was.

Mooi so Graeme en jou span, ons is trots op julle. Wat ‘n 2008 en begin vir 2009. Man ek sien uit na die reeks in SA wat begin in Februarie.

Cheers vir eers,
Berns

Advertisements
This entry was posted in My stories and tagged , , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Vinnige inloer

  1. Wipneus! says:

    Voorspoedige Nuwejaar!!!

  2. murphmuurprop says:

    Vriend! Bly om te sien jy is terug. Ek was self redelik afwesig van die blogs, grotendeels ook maar aan ‘n werkslading toe te skryf. Speit ons het mekaar op Skype gisteraand (jou gister oggend)gemis. Ons moet verseker plan maak vir ‘n ordentlike gesels.

    Vasvat aan daai kant!
    Murph

  3. murphmuurprop says:

    Ek kom loer godsgetrou hier in, maar sien nie ‘n update nie…

    Laat weet bietjie hoe loop jou beeste?

    Groete,
    Murph

  4. Berns says:

    Dankie Wipneus. Dis vrek laat, maar voorspoedige nuwe jaar aan jou ook. Ek sal poog om in die toekoms beter aandag te gee aan my blog. Lees maar gerus “Bieg, my kop hang in skaamte” vir my verskoning.

  5. Berns says:

    Murph, dieselfde boodskap is vir Wipneus geld ook vir jou. Man ek sien so uit na ons lang beloofte chat. Ons kontak heeltemal te min na my sin. Groetnis daar in die land van sand.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s