Bieg, my kop hang in skaamte!

Ek hang my kop in skaamte.  Sommer vinnig lyk dit of ek een van daai is wat die blogosfeer betree met ‘n moerse gejuig net om in die stille in te verdwyn.  Dis deels onkunde van wat dit behels om ‘n gereelde blogger te wees.  Maar ook vir my was dit die 6 weke onderbreking van ‘n vakansie in SA.  Na 6 weke weg van die werk vat dit lank om op te vang.  En, in die oudit wêreld in Noord Amerika is die winter maar die tyd wat ‘n mens koekoes ure werk.

Ek bedoel nie ‘n uur of twee oortyd nie, nee dis ‘n minimum vereiste van 10 ure oortyd per week vir 12 weke aan een.  En op my posvlak is ek gelukkig is ek net die minimum hoef te werk.  Klink dit of ek teem?  Wel seker so bietjie.  Anyway vir die wat wel darem so dan en wan inloer net om te sien dat daar niks nuuts is op my blog nie; ek belowe ek gaan ‘meer êffirt in sit om jul getrouheid te beloon.

My bed roep my en nog ‘n laaaaang week lê en wag op my.  So ek sê dan maar eers arrie warrie.

Groetnis,

Advertisements
This entry was posted in My stories and tagged , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Bieg, my kop hang in skaamte!

  1. murphmuurprop says:

    Vriend!

    Die dolheid van ons bestaan… Ook geweldig aan die gang by die werk met ‘n reuse projek wat baie van my tyd vat.

    Die invite vir ‘n ordentlike SKYPE staan verseker nog!

    ‘n Maand en ‘n half dan is jy pa – weer ‘n keer.

    Hou ons op hoogte!

    Liefde daar.
    Murph

  2. Berns says:

    Ja vriend,

    Dis nie ‘n miete nie. Of jy nou dink jy’s ‘n rot of nie, die dag as jy begin werk dan sluit jy aan by die rotte gym. Dan trou jy en word opgegradeer van die loop “treadmill” na die draf ene. Dan kry jy kinder en word jy sumier oorgeplaas na die hardloop teen volle spoed “treadmill”. In die begin is dit nie te erg nie en kan mens dit nogal geniet. Dan besef jy daai treadmill hardloop 24/7/365.

    Verstaan my goed, daar’s geen klagtes oor my vrou, kinders of werk nie. Die drie saam is maar net ‘n resep vir ‘n baie gejaagde lewe.

    Dankie vir die inloer en cheers vir eers,
    Berns

  3. sorinadutoit says:

    Ja broer,

    Ek ken daai gevoel en ek het nognie eers kinders nie. Ek voel soms of alles om die werk draai en mens erens probeer tyd bymekaarskraap om by die res van die lewe uit te kom. Ek sukkel ook maar om tyd te kry om by die internet uit te kom. Was jare laas by enige van my forums, my blog site of facebook. Moet seker maar een of ander tyd tyd maak daarvoor.

    Ek pes daai rot!

    Groetnis

    Sus

  4. Berns says:

    Hi Sus,

    Dankie vir die inloer. Ek hoor jou, dis maar hoe ek ook baie keer voel. Nou sny ek maar TV kyk heeltemal uit, want anders is daar geen tyd vir iets anders nie.

    Groetnis,
    Berns

    PS. Ons kan nie eers vir die rot ratax geen nie, want ons is self die rot in daai resies.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s