Gee ons ons daaglikse brood

Die lees van die Bybel is vir my belangriker is enig ander Christen aktiwiteit.  Deel van die sukses wat die duiwel met die kerk gehad het die laaste aantal dekades is om op te hou veg teen ons.  Wat ek bedoel is dat hy besef het ‘n gewapende Christen is moeiliker om te oorwin as ‘n ongewapende Christen.  Wat hy dus gedoen het is om ons twee wapens weg te neem, nl. die Woord en gebed.  Ek’s nie aldag seker hoe ons dit kon toelaat nie, maar een ding is verseker:  Christene vandag ken nie meer hul Bybel nie.  Nadat hy ons ontwapen het, het hy met hernude ywer ‘n volskaalse oorlog begin teen die kerk.  Nou sonder ‘n kennis van die Woord kan ons dit nie eers herken nie!

Die oorvloed van “Chirsten boeke” veroorsaak dat soveel Christene vandag boeke lees oor die Bybel, oor gebed, oor Christus, oor die kerk, ens.  Ek is seker maar bietjie “narrow minded” maar ek dink ons moet eerder Die Woord lees.  Wanneer ons Bybel studie doen, lees die Bybel en probeer eers jou eie gedagtes vorm oor wat jy lees voordat jy ‘n ander persoon se boek lees.  Gebruik eerder ‘n goeie konkordansie om onderwerp studies te doen eerder as om ‘n kommentaar te lees.  Daarmee probeer ek nie sê dat alle boeke (kommentare, ens.) sleg is nie, die gevaar is egter dat ons nie aldag seker is watter boeke is goed en watter is sleg nie.  Deur slegs die suiwer Woord te lees weet ons darem ons word nie mislei nie.

Met die lees van die Bybel dus ‘n sekere fokus vir my het ek ‘n lees joernaal ontwikkel.  My uitdaging aan almal is dus om die Bybel deur te lees hierdie jaar.  Jy kan een van die planne in die joernaal kies of enige ander plan wat vir jou werk.  “Download” die joernaal in PDF.  Druk die PDF dubbelkantig op ‘n drukker se “booklet” opsie.  Sodoende kan jy dit net dubbel vou en sommer binne in jou Bybel saam dra.  Klik hier om die joernaal Spreek Heer want U kneg hoor af te laai.

Mag God elkeen van julle verras met ou en nuwe skatte uit die Woord hierdie jaar.

Groetnis,

PS.  Kontak my asb. indien enige van julle kommentaar het op die boekie, enige addisionele leesplanne het wat ek in die toekoms kan insluit, ens.

Advertisements
This entry was posted in Apologetic/Theology and tagged , , , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Gee ons ons daaglikse brood

  1. murphmuurprop says:

    Vriend!

    Stem heelhartig saam.

    Waardering.
    Murph

  2. Berns says:

    Vriend!

    Dankie vir die inloer.

    Groetnis,
    B

  3. Anonymous says:

    Ek stemheelhartig saam. Dit is net die WOORD wat ons kan leer en dus moet ons elke dag ons stukkie brood inneem!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s