Dataverlies: Harde- versus Sagteware

Terwyl ek vakansie gehou het in Suid Afrika (gedurende November en Desember verlede jaar) het ‘n radio gasspreker gesê:  “Jy kry slegs 2 tipes mense, diè wat al data verloor het en diè wat nog data gaan verloor“.  Ek’t nogal trots vir my pa gesê dat ek nog nooit data verloor het nie, so dan val ek seker maar in die twede groep.  Soos verwag kan word het ek mos gou-gou hiervan vergeet.

‘n Paar weke gelede roep my vrou my met een van daai ek’s gefrustreerd stemtone.  Ek kom by die rekenaar en sy sê vir my:  “Wat gaan aan, ek kan nie die foto’s op die external hard drive sien nie”.  Ek sit toe maar my handyman hoed op en begin soek na die probleem.  Eers trek ek die USB draad uit en prop dit terug; herhaaldelik, want die eerste keer werk mos nie, net soos die knoppie van ‘n hysbak!  Toe toets ek die systeem, maar steeds niks.  My laaste opsie is toe om die hardeskyf te skuif na my laptop want ek weet daar niks fout hiermee nie.  Mààr steeds niks.

Ek moes haar toe maar meë deel dat die hardeskyf daarmee heen is.  Gegroet, kapoet, pê.  Groot was my skok en haar teleurstelling toe sy my meë deel dat sy nog nie ons vakansie foto’s op haar rekenaar gesit het nie, soos wat ons ooreengekom het.  Daar val ek toe nou solid in die kategorie van die wat al data verloor het.  Nou moet daar plan gemaak word om die data te herwin.  Elke moontlike persoonlike kontak van my vrou word ingeroep om te sien wat gedoen kan word.  ‘n Vriendin is oortuig haar man sal kan help, want hy is ‘n IT spesialis.  Die reëlings word getref vir een Saterdag dat ek hom sal ontmoed met die hardeskyf.

By hom aangekom word dit maar net weereens bevestig dat vrouens nie aldag weet wat hul mans werklik doen vir ‘n beroep nie.  HY’S ‘N SAGTEWARE PROGRAMMEERDER!  ‘n Vrou is mos nie aldag seker van die verskil tussen sagteware en hardeware nie, want dis nie deel van hulle anatomie nie.  Ag, ek bedoel eintlik hulle ervaringsveld.  Nou ja, al wou my vrou my nie toelaat om die hardeskyf se kas oop te maak nie, gee die IT spesialis toe vir my ‘n paar skroewedraaiers en ‘n tang sodat ek die kas self kan oopkry.  Nog slegter nuus vir my vrou, die IT spesialis kan nie help nie.  Die data is nog steeds verlore.

Hierdie storie het toe ook darem ‘n gelukkige einde.  Ons IT administrator by die werk se stokperdjie is dataherwinning.  Gelukkig was net die circuit board beskadig en kon dit voldoende herstel word om die data af te laai.  Nou sit ek net met een vraag:  Geld ek nou rerig as iemand wat al data verloor het, of nie?  Ten minste sal ek nou wel kan vertel van ons vakansie en foto’s daarvan hier ook laai.

Die moral of the story is nie backup, backup, backup nie maar eerder; moet nooit ‘n swanger vrou vertrou om te onthou om so ‘n belangrike taak te verrig nie.

Groetnis,

Advertisements
This entry was posted in My stories and tagged , , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Dataverlies: Harde- versus Sagteware

  1. murphmuurprop says:

    Ek geniet jou blog van vooraf – en ook die nuwe layout… Lees baie beter!

    Sommer van die os op die jas en vir die toekoms vir wat dit mag werd wees. baie keer as die PC. Laptop nie ‘n external Hd wil raak sien nie, is dit ‘n 99% kans dat dit die copy.exe visrus is. Baie “common”. Die PRT Removal tool haal dit met ‘n “double” click af, wallah – alles weer terug! Ons skuls mekaar ‘n moerse lang gesels… Ook oor die Shack boek ding!

    Swanger of nie – ‘n en ‘n PC….. Wag, dat ek eerder stil bly1

    Liefde,
    Murph

  2. Berns says:

    Yes pêl,

    Dankie vir die inloer. Ons moet definitief die chat reël. Ek sien altyd uit na jou comments en geselsies. Jy help my om die ligter kant van die lewe raak te sien.

    Groetnis,
    Berns

    PS. Nou moet ek net vir ‘n slag ander mense ook kry om hier te kom lees. Sal seker mettertyd gebeur.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s