Bybelstudie oor gebed (1): ‘n Oorsig van gebed in die Bybel

Die studie van Bybelsegebed is ‘n reuse taak met verskeie bronne al deur die jare gepubliseer.  Die reeks en hierdie oorsig sal dus nie poog om dit in groot omslagtigheid aan te spreek nie.  Hierdie tema en die daarop volgende temas is eerder opgestel om maklik gebruik te word as ‘n gids vir ‘n klein groep Bybelstudie.  Mag hierdie behulpsaam wees en jou verhouding met God verryk.
 
 ‘n Oorsig van gebed in die Bybel
Wanneer/hoe gereeld behoort ons te bid
  • Dagliks in die oggend – Psa 5:3; Psa 88:13; Psa 143:8
  • Driemaal per dag – Psa 55:17; Dan 6:10
  • Heel nag deur – Luk 6:12
  • Sonder ophou – 1Th 5:17
Plekke waar ons kan bid
  • Private gebed – Gen 24:63; Mat 6:6
  • Stil gebed – Psa 5:1
  • Gebed as familie:  Deur Cornelius – Hand 10:2
  • Publieke gebed:
    • Algemene verwysings – Mat 18:19;Hand 1:13-14;Hand 16:25;Hand 20:36;Hand 21:5
    • In mense se huise -Hand 1:13-14;Hand 12:12
    • In plekke van aanbidding -Hand 2:46;Hand 3:1
Dinge wat vermy moet word
  • Kunsmatige lang gebede:
    • Deur die Fariseërs – Mat 23:14
    • Deur die Skrifgeleerdes – Mar 12:40; Luk 20:47
  • Gebede sonder om ag te slaan op wat jy bid – Pred 5:2; Mat 6:7
  • Leë herhaling van woorde – Mat 6:7
Oordenkingsvrae:
  1. Bid ek so gereeld as wat ek behoort te bid?
  2. Bid ek op alle plekke waar ek kan bid?
  3. Is daar enige gewoontes wat ek uit my gebedslewe moet verwyder?

Volgende keer sal ek kyk na God se reaksie op gebed. 

Groetnis,

Advertisements
This entry was posted in Apologetic/Theology and tagged , , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Bybelstudie oor gebed (1): ‘n Oorsig van gebed in die Bybel

  1. attie says:

    Ek hoop jy gaan op ‘n stadium iets skryf oor die inhoud van gebed, met ander woorde watter dinge kan ek in my gebed insluit om die gebed sinvol te maak.

  2. Berns says:

    Hi Attie,

    Dankie vir die inloer. Inskrywing 4 in die reeks gaan juis daaroor gaan. Uiteindelik gaan ek ook ‘n inskrywing plaas van ‘n “great” voorbeeld in die Bybel van hoe lyk ‘n goeie gebedsinhoud. So “stay tuned” nog ‘n paar inskrywings gaan voortbou op hierdie een.

    Groetnis,
    Berns

  3. Pingback: Bybelstudie oor gebed (2): God se reaksie op gebed « Berns stories

  4. Yvette says:

    Baie oulike Bybelstudie. Ek soek al baie lank na iets soortgelyks vir ons klein groepie om van af te werk. Jy wil nie dalk nog so n paar studies plaas nie?

  5. Berns says:

    Hi Yvette,

    Dankie vir die inloer. Ek’s bly jy vind dit bruiksaam. Ek was verskriklik besig die laaste 2 maande, maar behoort in die volgende week of so die volgende inskrywing te plaas. Kyk maar uit vir nuwe inskrywings in die nabye toekoms.

    Groetnis,
    Berns

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s