Skepper vs. Skepping

Na aanleiding van ‘n inskrywing op Flippiefanus se blog en die daarop volgende opmerkings wat deur verskeie lesers geplaas is, het ek besluit om hierdie skrywe te plaas.

In vandag se wêreld is dit baie algemeen vir mense om die Skepper te meet aan die skepping.  Hiermee bedoel ek mense kyk na die natuur en probeer God daarvolgens verklaar.  So ook, en in ‘n meer sigbare wyse, meet mense Christus n.a.v. christene/die kerk.  Hiermee het ek nogal ‘n redelike groot probleem.  In beide hierdie gevalle is dit nie een van hoender of die eier nie.  Nee, God drie-enig wat m.a.w. Christus insluit was eerste.  Ons Skepper het die mense “gemaak”.  Sy bestaan en karakter kan nie gemeet word aan ons nie, net so kan die bestaan en karakter van ‘n kunstenaar nie gemeet word aan ‘n kunswerk nie.

Menige goeie kunstenaars se werke mag inspireer maar hulle lewe spreek van swak karakter.  Is dit egter die kruks van die saak.  Soos Paulus sou sê (in die Afrikaanse ou vertaling):  Nee stellig nie.  In die griekse sê hy meer letterlik:  Nee, nee, nee!  Die kern van die saak is dit:  Die mens het gesondig nadat hy versoek is deur die Satan in die tuin van Eden.  Hierdie daad het pyn, elende, siekte, armoede, en uiteindelik ook die dood in die wêreld in gebring.  Wanneer ons dus vandag na die wêreld kyk sien ons ‘n mengsel van dit wat God geskape het en self ook goed genoem het, asook alles wat slegs is.  Omdat Satan mag verky het oor die wêreld deur ons sonde is die kunswerk van God nou effens opgeneuk.  God moet nie die skuld hiervoor kry nie, maar eerder die mens en ook die Satan.

Om Christus te meet aan christene is ook ‘n reuse mistasting.  Eerstens, dit wat die wêreld “chrisene” noem is verseker nie wat die Bybel christene sou noem nie.  Die griekse woord vir christen beteken letterlik, klein christus of afbeelding van Christus.  M.a.w. enigiemand wat nie ‘n afbeelding is van Christus nie word deur die Bybel uitgesluit.  Daarom gaan ek nie eers tyd mors om te verduidelik hoekom hierdie mense nie “christene” is nie.  Hulle kan ook dan duidelik nie vir Christus verteenwoordig nie.  Bybelse christene kan egter ook nie gebruik word om Christus te meet nie.  Maar hoekom sou jy vra, hulle is dan klein-christusse.  Wel, die antwoord is eenvoudig.  ‘n Afbeelding van enigiets bevat nooit te volle heerlikheid van die werklike nie.  Dink byvoorbeeld aan sommige van die wonderlike standbeelde (afbeeldings) van perde by die Vroue Monument en ander plekke in Suid Afrika.  Dis tog logies dat hierdie perde nie die volheid van ‘n werklike perd bevat nie.

Hoe prysenswaardig ‘n christen se lewe dus mag wees, dit sal nooit die volheid van Christus bevat nie.  Nee, as jy wil meet doen eerder die teenoorgestelde.  Wanneer jy wonder of iemand ‘n christen genoem kan word, kyk na die lewe van Christus en meet die persoon aan Hom.  As jy voel dat die persoon se lewe ‘n weerspieëling van Christus is, dan is die persoon ‘n Christen.  Noodwendig beteken dit dat jy “actually” Christus se karakter moet ken om dit te kan doen en dis miskien hoekom die wêreld sukkel met die uitkenning van valse teenoor ware christene.

Die slotsom is dus:  Meet die kunswerk aan die kunstenaar en die volgeling (of sogenaamde volgeling) aan die leier, nie andersom vir enige van hierdie twee nie.

Groetnis,

Advertisements
This entry was posted in Apologetic/Theology and tagged , , , . Bookmark the permalink.

7 Responses to Skepper vs. Skepping

  1. Sammi says:

    Berns
    Dit is baie mooi verduidelik en ekself sien dit ook so. Mens is OF ‘n ware Christen of nie – daar kan nie grys wees nie.

  2. flippiefanus says:

    Berns, ek stem heeltemal saam met jou. Soos jy tereg opmerk kan mens slegs Christus ken as mens ‘n persoonlike verhouding met Hom het. Die Bybel gee vir ons genoeg informasie om te kan besluit dat mens Christus graag beter sal wil ken, maar dis eers as mens ‘n persoonlike verhouding met Hom het dat mens Hom regtig leer ken.

  3. Berns says:

    Verseker waar FF. Die wêreld het hom verwerp toe Hy fisies in hulle midde gewandel het. Dit is dus geen wonder dat die wêreld Hom ook nou verwerp wanneer hulle slegs in Hom kan glo en Hom nie fisies kan sien nie.

  4. Retha says:

    Berns, kan mens nie tot ‘n mate wel God vanuit Sy skepping verklaar nie? Dit wil voorkom of Paulus so dink:
    Rom 1:20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie

    Maar jy is reg dat mens nie God aan foute op aarde en verkeerde dinge wat “Christene”doen, kan meet nie.

  5. Berns says:

    Hi Retha,

    Dankie vir jou opmerking. Ja, jy is reg dat mens aspekte van God kan sien in die skepping. Soos die vers sê, Sy Ewige krag en Sy Goddelikheid. Die Ou Vertaling sê: “naamlik Sy ewige krag…”. Die griekse woord hier kan egter ook beteken “selfs” en dit word dan ook so vertaal in die King James en American Standard weergawes as: “even His everlasting power and divinity…” of te wel “selfs Sy Ewige krag en goddelikheid…”. Dit is dus so dat God in die natuur openbaar word of soos wat ek met christene en Christus gesê het, dit weerspieël God.

    Ons kan dus God gedeeltelik sien in die natuur maar nooit Sy volheid nie. Met die sondeval het Satan die mag gekry om daardie goedheid van die skepping te verdraai en te verbloem. Dit is dan ook duidelik uit die res van die gedeelte in Romeine (Rom 1:18-32) wat jy aanhaal. Kyk maar net na verse 21: “omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister”.

    My inskrywing was dus juis a.g.v. hierdie tipe mense wie se hart verduister is wat probeer sê dat n.a.v. wat hulle in die natuur sien kan God duidelik nie bestaan nie. Die hoofdoel van die inskrywing is net om te sê dat ons God (insluitende Christus) aan homself moet meet en nie net aan dit wat ons sien nie, m.a.w. die natuur of christene nie.

    Weereens baie dankie vir jou opmerking. Vir ons wat God ken is dit juis ‘n ongelooflike seën om Sy goedheid, almag, alomteenwoordigheid, ens. daagliks in die natuur te sien.

    Groetnis,
    Berns

  6. Pingback: “The Human Race” « Francoisgrobbelaar’s Weblog

  7. ekkedink says:

    sal meer gereeld hier kom lees!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s