Bybelstudie oor gebed (2): God se reaksie op gebed

So rukkie terug het ek ‘n skrywe geplaas ‘n Oorsig van Gebed in die Bybel.  Daarmee het ek ‘n reeks begin waarvan gebed die tema sal wees.  Hierdie week kyk ek na wat God se reaksie is op gebed.  Wat is die resultaat van gebed?  Wanneer ons werk dan sien ons resultate.  Maar wanneer ons bid, dan sien ons nie altyd die resultate nie.  Dit lei tot baie twyfel oor die effektiwiteit van gebed.  Ek sal dus poog om uit die Bybel te wys wat die resultaat of te wel God se reaksie is op gebed.  Ek moedig elkeen wat die inskrywing lees om die teksverse na te slaan.

Gebede wat tereg gewys word, afgekeur word deur God:

  • Moses, by die Rooi See – Exo_14:13-16
    • God verskaf die verlossing aan die Israeliete.  Hulle vertrou Hom egter nie, daarom bid Moses weer.  God sê hy moet ophou en die volk opdrag gee om op God te vertrou.
  • Moses, toe hy gebid het om Kanaän te sien – Deu_3:23-27
    • Moses bid hier uit sy eie begeerte en probeer God oortuig deur Lofprysing aan Hom te gee.  God laat Hom egter nie omkoop deur mooi praatjies nie.
  • Joshua – Jos_7:8-12
    • Joshua bid hier vir verlossing vir die volk.  Omdat hulle egter gesondig het en lynreg teen God se opdrag opgetree het luister God nie na die gebed nie.  As ons sondig gaan gebed nie dinge reg maak nie, al wat werk is om ons te bekeer van die sonde en dan kan ons vergifinis vra.

God weerhou die antwoord of sê nee:

  • Bileam – Deu_23:5; (Verwys ook na Jos_24:10)
    • Balak wil die volk vervloek deur Bileam, maar God luister nie en verander dit in seën.
  • Job – Job_30:18-23; (Verwys ook na Job_42:12.  God verander eers Job se situasie toe hy vir sy vriende bid.)
    • Wanneer ons God verwyt vir situasies in ons lewe, dan luister Hy nie na ons gebede nie.
  • Israeliete word aangeval deur die Amoriete – Deu_1:42-45
    • God luister nie na hulle gekla nie, want Hy het ‘n opdrag gegee wat hulle geïgnoreer het.  Nou kla hulle oor hulle omstandighede,
  • Jesus in Getsemane – Mat_26:39-42
    • Jesus gee hier vir ons ‘n belangrike voorbeeld.  Ons kan met opregtheid na God kom met ons behoeftes.  As dit egter nie in Sy wil is om dit vir ons te gee nie, dan sal Hy nie.  God se groter almagsplan is altyd bo ons behoeftes.

Die antwoord word uitgestel/lyk of dit uitgestel word – Psa_22:1-2; Psa_40:1; Psa_80:4; Psa_88:14; Hab_1:2

  •   Soms lyk dit vir ons of God nie ons gebede beantwoord nie, of dit lyk of Hy uitstel omdat ons nie herken hoe hy besig is om die gebed te beantwoord nie.

Die antwoord oorskry dit wat gevra is:

  • Salomo vra wysheid; die antwoord sluit in wysheid, rykdom, eer en ‘n lang lewe – 1Ki_3:7-14 (Dieselfde word beskryf in 2Ch_1:10-12)
    • Moenie dink dat God beperk is tot jou gebede nie.  Soms wil Hy vir jou meer gee as waarvoor jy vra.
  • Disipels bid vir Petrus; die antwoord sluit in sy vrylating – Act_12:5-17
    • Nog ‘n voorbeeld dat God meer kan doen as wat ons bid of dink.

Die antwoord verskil van die versoek:

  • Moses vra om die Jordaan te kruis; God laat hom toe om dit te sien, maar van ‘n afstand af – Deu_3:23-27
    • Soms gee God ons nie ons sin nie, maar Hy gee wel iets in die plek daarvan.
  • Die Israeliete begeer die vleispotte van Egipte; die antwoord gee wat hulle begeer, maar ook leë harte – Psa_106:14-15
    • Soms gee God ons ons sin, maar die uitwerking is nie waarvoor ons gehoop het nie.
  • Martha en Maria vra Jesus om Lazarus te genees; Jesus stel uit om te kom, maar Hy wek Lazarus uit die dood op – Joh_11:3-44
    • Soms verskil die antwoord van dit wat ons vra, omdat God iets wil doen wat Hom verheerlik en sodat ons kan sien dat Hy meer kan doen as wat ons bid of dink.
  • Paulus vra dat God die doring in sy vlees sal weg neem; die antwoord is ‘n belofte dat God se genade vir hom genoeg sal wees – 2Co_12:8-9
    • Soms gee God ons dit waarvoor ons nie gebid het nie as antwoord vir iets anders waarvoor ons wel gebid het.

 Uitgesoeke voorbeelde van gebede wat God beantwoord:  Abraham en mense rondom hom

  • Vir ‘n seun – Gen_15:1-15
  • Redding van Sodom – Gen_18:23-33
  • Vir Ismael – Gen_17:20
  • Vir Abimeleg – Gen_20:17
  • Verlossing van Hagar – Gen_16:7-13
  • Abraham se dienskneg bid vir leiding – Gen_24:12-52
  • Rebekka, aangaande haar swangerskap – Gen_25:22-23
  • Jakob, vir verlossing van Esau – Gen_32:9-32; Gen_33:1-17
    • Abraham word die vader van die geloof genoem.  Dit is dus nie snaaks om te sien dat sy vrou, dienskneg en kleinseun gebede bid wat beantwoord word nie.
    • Neem Abraham se voorbeeld en leer die wat rondom jou leef hoe om te bid.

 Oordenkingsvrae:

  1. Het God al ooit vir jou meer gegee as waarvoor jy gebid het/iets anders gegee?
  2. Is daar iets waarvoor jy huidiglik bid waar dit lyk of God jou nie antwoord nie?
  3. Is daar iets wat God vir jou gesê het om te doen, maar jy bly ongehoorsaam?

 Kerngedagte

Soms sê God ja, soms nee, soms wag ‘n bietjie of hier’s iets anders, maar Hy antwoord altyd ons gebede.

Groetnis,

PS.  Vir die wat e-sword gebruik kan ek ‘n lêer aanstuur wat die teksverse soos hyperlinks laat werk.  Jy sweef net oor die verwysing en die verse verskyn.  Dit werk nogal lekker.  Dis ook om hierdie rede dat die teksverwysings in Engels is, anders werk dit nie in die program nie.

Verskeie voorbeelde waar beloftes gemaak word, of die antwoord op gebed word beloof deur God – Exo_6:5; Act_7:34; Exo_22:23; Exo_22:27; Exo_33:17-20; Deu_4:7; Deu_4:29-31; 1Ch_28:9; 2Ch_7:13-15; 1Ki_8:22; 1Ki_8:53; 2 Chr 6; Job_8:5-6; Job_12:4; Job_22:27; Job_33:26; Psa_9:10; Psa_9:12; Psa_10:17; Psa_18:3; Psa_32:6; Psa_34:15; Psa_34:17; Psa_37:4-5; Psa_38:15; Psa_50:14-15; Psa_55:16-17; Psa_56:9; Psa_65:2; Psa_65:5; Psa_69:33; Psa_81:10; Psa_86:5-7; Psa_91:15; Psa_102:17-20; Psa_145:18-19; Pro_2:3; Pro_2:5; Pro_3:6; Pro_10:24; Pro_15:8; Pro_15:29; Pro_16:1; Isa_19:20; Isa_30:19; Isa_55:6; Isa_58:9; Isa_65:24; Jer_29:12-13; Jer_31:9; Jer_33:3; Lam_3:25; Eze_36:37; Joe_2:18-19; Joe_2:32; Amo_5:4-6; Zep_2:3; Zec_10:1; Zec_10:6; Zec_13:9; Mat_6:5-13; Mat_7:7-11; Mat_18:19-20; Mat_21:22; Mar_11:24-25; Luk_11:5-13; Luk_18:1-8; Luk_21:36; Joh_4:10; Joh_4:23-24; Joh_9:31; Joh_14:13-14; Joh_15:7; Joh_15:16; Joh_16:23-24; Joh_16:26-27; Act_22:16; Rom_8:26; Rom_10:12-13; Eph_2:18; Eph_3:20; Heb_4:16; Heb_10:22-23; Heb_11:6; Jam_1:5-7; Jam_4:8; Jam_4:10; Jam_5:16; 1Jo_3:22; 1Jo_5:14-15

Verskeie voorbeelde van gebede wat beantwoord is – Gen_4:13-15; Jdg_6:36-40; Jdg_13:8-9; Jdg_16:28-30; 1Sa_1:10-17; 1Sa_1:19-20; 1Ki_3:1-13; 1Ki_9:2-3; 1Ch_4:10; 2Ch_13:14-18; 2Ch_14:11-15; 2Ch_15:15; 2Ch_18:31; 2Ch_20:6-27; 2Ki_13:4; 2Ch_30:27; 2Ch_33:13; 2Ch_33:19; 1Ch_5:20; Job_34:28; Psa_3:4; Psa_4:1; Psa_6:8-9; Psa_18:6; Psa_120:1; Psa_21:2; Psa_21:4; Psa_22:4-5; Psa_22:24; Psa_28:6; Psa_30:2-3; Psa_31:22; Psa_34:4-6; Psa_40:1; Psa_66:19-20; Psa_77:1-2; Psa_81:7; Psa_99:6-8; Psa_106:44; Psa_107:6-7; Psa_107:13-20; Psa_116:1-2; Psa_118:5; Psa_118:21; Psa_119:26; Psa_138:3; Lam_3:57-58; Ezr_8:21; Ezr_8:23; Eze_4:12-15; Hos_12:4; Jon_2:1-2; Jon_2:7; Mat_8:2-3; Mat_8:5-13; Mar_1:40-43; Luk_1:13; Luk_5:12-13; Luk_7:3-10; Luk_23:42-43; Joh_4:50-51; Joh_4:50-51; Act_4:31; Act_9:40; Act_12:5-17; 2Co_1:9-11; 2Co_12:8-9; Jam_5:17-18

Advertisements
This entry was posted in Apologetic/Theology and tagged , , , . Bookmark the permalink.

One Response to Bybelstudie oor gebed (2): God se reaksie op gebed

  1. Sorina du Toit says:

    Hey broeder. Volg jou blog mooi, maar waar is die nuwe inskrywings?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s