Uitverkiesingsleër

Ek’s nou al ‘n hele ruk afwesig uit die woernaal’osfeer.  Redes daarvoor sal uit latere inskrywings duidelik word.  Vir nou wil ek net eers ‘n vinnige inskrywing plaas oor ‘n algemene leëring wat my bekommer.  Verskeie prominente Christen leiers glo in ‘n leerstelling oorspronklik bekend gemaak deur Calvin.  Hierdie leëring is staan bekend as die Uitverkiesingsleër en is deel van wat bekend staan as Calvinism.

In basiese term sê die uitverkiesingsleër dat slegs mense wat deur God uitverkies is gered kan word.  Dit is nie net dat God deur sy volmag kennis het van elke mens wat redding sal aanneem nie, maar eerder dat God kies wie redding kan aanvaar en wie nie.  Met ander woorde, as God jou nie gekies het nie is ‘n moontlike aanvaarding van die redding nutteloos.  Kom ek plaas my teen redinasie aan die hand van ‘n basiese voorbeeld of metafoor:

3 mans pleeg ‘n misdaad en het elk gelyke aanspreeklikheid.  Al 3 word gevang en aangekla.  Daar is geen twyfel oor die skuld van elk wanneer hulle voor die regtersbank staan.  Om die voorbeeld eenvoudig te maak, kom ons sê dat elkeen ‘n boete kry wat hul moet betaal of hul moet tronk toe gaan.  Dan tree ‘n verlosser in die hof in.  Hierdie verlosser kom staan in die hof en bied aan om die boete te betaal vir elkeen van die 3 skuldiges.  Die regter laas eerst die 3 skuldiges kies of hulle die verlosser se geld wil aanvaar of nie.  Nommer 1 sê hy aanvaar nie die aanbod nie, want hy glo nie dat die verlosser se aanbod eg is nie.  Nommer 2 & 3 aanvaar die verlosser se aanbod.  Maar die regter se dat hy slegs bereid is om die verlosser se boete betaling te aanvaar vir nommer 3.  Al is die verlosser se aanbod vir beide nommer 2 & 3 dieselfde!  Nommer 3 kry dus dieselfde behandeling as nommer 1 selfs al het hy die verlosser se betaling aanvaar.

Selfs ons vat sleg is weet dat dit nie regverdig is nie.  Soveel te meer glo ek nie dat God besluit wie Jesus se verlossings werk kan ontvang en wie nie.  Die nuwe testament maak dit duidelik dat enig iemand wat Christus en Sy verlossings werk aanvaar gered sal word.

Groetnis,

Berns

Advertisements
This entry was posted in Apologetic/Theology and tagged , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s