About (Omtrent my)

For those of you who can’t read Afrikaans, please stay tuned as I will be translating the about section in the near future. You will also notice that for a brief period I considered to change my primary posting language to English. I soon realised however that in die English blogosphere I was being drowned out by sheer volume. I also found that there are many extremely reputable and more skilled English, trustworthy Christian bloggers/ministries. I will therefore once again post in my beloved language in the hope of making a difference in that space.

Ek is ‘n Suid Afrikaner wat leef in Kanada met my vrou en kinders.  Ons het nie die RSA verlaat oor geweld nie, maar wel omdat ek gesukkel het om goeie werk te kry as ‘n wit afrikaanssprekende man.  Hier in Kanada het ek werkssekuriteit en al het ek nie oor misdaad gewaai nie is die lae misdaadsyfer ‘n ongelooflike groot plus punt in Kanada.

Ek mis my familie en die mooi van Suid Afrika maar begin om aan te pas in die buiteland.  My grootste behoefte egter is om Afrikaans by my kinders te behou en om deel te neem aan die behoud van Afrikaans as ‘n taal.

Afrikaans en in besonderre mate skryf in Afrikaans, is my passie.  Op hierdie blog sal jy dus gedigte en my stories raaklees.  My stories is vertellings van dinge wat in my lewe gebeur het sowel as skrywes oor hoe ek die lewe tans beleef.  Vir die voordeel van my Kanadese kollegas sal ek wel met tye Engelse inskrywings maak sodat hul ook van my gedagtes kan deel.

Welkom by Berns stories, ek hoop jy geniet my skrywes en neem a.s.b. die tyd om aanmerkings te maak.

Groetnis,
Berns

4 Responses to About (Omtrent my)

  1. flippiefanus says:

    Hi Berns. Ek is bly ek het ontdek dat jy ook self ‘n blog het. Ek sal bietjie hier lees wat jy alles skryf.

    Terloops jy kan onder jou profile jou blog se wed adres plaas dan word dit geskakel met jou nic wanneer jy iewers kommentaar los. Sodoende sien mense dat jy ook jou eie blog het. Ek het dit ook eers onlangs ontdek.

  2. Berns says:

    Thanks Flippiefanus. Ek nie geweet nie. Ek het dit nou verander so hopelik sal mense nou kans sien dat ek ‘n mede blogger is.

    Groetnis,
    Bernard

  3. ekkedink says:

    Hallo

    Wil jy nie vir my ‘n comment gaan los op hierdie inskrywing nie asb. Ek is besig met “wel effense navorsing”.

    Dankie

    Bloggerol! Of nie? Moet werkgewer blogs stop?

  4. Eugene du Randt says:

    Hallo Berns, hoe gaan dit met jou, long long time no see, ek gaan bietjie meer lees in jou blog, hoop om gou van jou te hoor.

    Eugene

Leave a comment